Kweek Dissipline met Deernis

 

Hoop vir ons gesinne en ons skole

Dissipline bly ’n kopseer vir menige ouer en onderwyser. Die gebrek daaraan maak talle klaskamers en huise onregeerbaar. Sommige ouers gooi maar hande in die lug en talle onderwysers verlaat ons skole weens ongeskikte kinders en onbetrokke ouers. ‘n Dissipline-oplossing wat tuis en in skole kan werk, is nou dringend nodig.

Kweek dissipline met deernis is die deurbraakgids vir ouers en onderwysers. Hettie Brittz, ouerskapkenner en skrywer van die topverkopers Kweek kinders met karakter en Kweek kinders deur gesonde gesag, se derde opvoedingsboek is besig om landswyd die boekwinkelrakke met goeie nuus te tref:

Dis nie te laat vir dissipline nie!

 

 

Kweek dissipline met deernis rus ouers en onderwysers toe om

  • die dissipline van kinders van alle ouderdomme reg aan te pak
  • te weet wanneer om streng op te tree en wanneer om ’n kind se gedrag oor te sien
  • ’n kultuur te skep waarin kinders kan floreer
  • te onderskei tussen agt tipes wangedrag by kinders en om elkeen konstruktief te hanteer
  • kinders voor te berei op die lewe en hulle weerbaar te maak teen die gevare van ons samelewing.

 

Die gids bestaan uit drie dele.

Dissipline 101: Die vyf O’s van dissipline leer ouers en onderwysers hoe om die vyf vaardighede van ’n goeie opvoeder te bemeester.

Dissipline 201: Die vyf R’e van dissipline gee innoverende maniere om die vyf sleutelelemente van ’n gesonde skool- en gesinskultuur te vestig. 

Dissipline 301: Die vyf reëls vir dissipline beantwoord die kwelvrae oor die korrekte hantering van alles van boeliegedrag en konsentrasieprobleme tot woedebuie en tienerstreke.

Ten slotte stel Hettie Brittz ’n splinternuwe dissiplineplan vir skole voor met wenke wat vir altyd kan verander hoe opvoeders na kinders en hulle probleemgedrag kyk.

 

 

Product Price R 194.95
Product Code: GHB002